NAAND SÊ VIR DIE SEE
(Henk Rall)
en gaan, en soos dit hoort,
gaan naand sê vir die see
sonder die swaar sake van die dag,
sonder onthou van stillewes met wyn
en klou- en skulpgoed uit die see,
sonder, hoegenaamd, die aanhangsels van dink
net gaan en met `n skoon hart
gaan naand sê vir die see
|